NewsSchools

Marnelé dans weg oop na SA’s

Marnelé van den Berg (gr. 10) van Hoërskool Ermelo het onlangs aan die Dance Association Nation Wide-kompetisie deelgeneem waar sy dubbele Mpumalanga-kleure asook nasionale kleure ontvang het.

Marnelé van den Berg (gr. 10) van Hoërskool Ermelo het onlangs aan die Dance Association Nation Wide-kompetisie deelgeneem waar sy dubbele Mpumalanga-kleure asook nasionale kleure ontvang het.

Sy het ook deelgeneem in die kategorie “Dans in jou taal” waar sy ’n sesde plek (uit 30 groepe) behaal het.

Verlede naweek het sy aan die kompetisie van die Dance Masters Association of South Africa deelgeneem waar sy Gauteng-kleure met drie spesiale toekennings vir energieke optrede en kostuums ontvang het.

Marnelé neem dié naweek deel aan die Suid-Afrikaanse byeenkoms in Pretoria.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Related Articles

Back to top button