NewsSchools

Ligbron 0/15A’s eindig derde in provinsie

Die Liggies het egter in die halfeindstryd teen HTS Middelburg vasgeval en moes teen Hoërskool Middelburg meeding om die derde en vierde plek te bepaal.

Ligbron Akademie vir Tegnologie se 0/15A-netbalspan het die afgelope naweek aan die Kay Motsepe provinsiale uitspele in Middelburg deelgeneem en met die derde plek in Mpumalanga se grootskole-netballiga weggestap.

Die span het hul eerste twee wedtryde teen Hoërskool Bergvlam (14-5) en Hoërskool Standerton (10-8) gewen en deurgedring na die kwarteinstryd waar hulle met 17-2 met Lowveld High School afgereken het.

Die Liggies het egter in die halfeindstryd teen HTS Middelburg vasgeval en moes teen Hoërskool Middelburg meeding om die derde en vierde plek te bepaal.

Die 0/15A’s het die wedstryd 18-11 gewen wat aan hulle die derde plek besorg het.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button