Local newsNews

Hervormde Kerk Suid hou basaar

Dié basaar skop af op Vrydag, 25 Augustus met 'n uitstalling van "sleeper"-meubels, Persiese matte, khelims en skilderye wat in die konsistorie en kantore besigtig kan word.

Die basaar van die Hervormde Kerk Ermelo-Suid (Dr. Malanstraat, De Bruinpark) vind eersdaags plaas.

Dié basaar skop af op Vrydag, 25 Augustus met ‘n uitstalling van “sleeper”-meubels, Persiese matte, khelims en skilderye wat in die konsistorie en kantore besigtig kan word.

Meubels, matte en skilderye word voorsien deur Ashtons en kundiges sal teenwoordig wees om raad te gee.

Dié uitstalling sal Vrydag tussen 13:00 en 21:00 en Saterdag tussen 08:00 en 15:00 plaasvind.

Die “ding”-, goeters-, kunsvlyt- en handwerktafel sal sorg vir ‘n groot verskeidenheid van die nuutste tendense in die handwerkbedryf.

Kaartgeriewe sal beskikbaar wees.

Vrydagaand, 25 Augustus is dit weer tyd vir die nou reeds bekende en gewilde maanligpiekniek om 18:30.

Bespreek vroegtydig plek by ds. Johan Bezuidenhout by 084514 1092.
Saterdag, 26 Augustus is basaardag.

Vanaf 08:00 kan gesmul word aan ‘n groot verskeidenheide heerlike eetgoed en ‘n teetuin sal sorg vir ‘n besonderse bederf.

Vanaf 10:00 tot 12:00 vind ‘n musiek- en koorfees in die kerkgebou plaas.

Die sanggroepe van kleuterskole Rosy’s, Hemelse Pêrels en Wonderwerkies en die koor van Laerskool JJ van der

Merwe tree saam met die bekende Hoëveld Jeugkoor op.

Toegang is gratis.

Die gewilde wynveiling vind om 12:15 plaas.

Related Articles

Back to top button