Local newsNews

Kyle weer tuis ná operasie

Volgens sy dokters is daar steeds aktiwiteit was as kortsluitings beskryf kan word, maar dit behoort binne die volgende paar weke op te klaar as alles goed gaan.

Kyle Verfaillie is weer tuis na ‘n tweede operasie om nog ‘n deel van sy brein te verwyder in ‘n poging om sy siekte, Rasmussen se Sindroom, waarmee hy verlede jaar gediagnoseer is, te genees.

Voor sy operasie het Kyle weer tot 100 epileptiese aanvalle daagliks gekry.

Dit is steeds te vroeg om te sien of dié operasie suksesvol was.

Volgens sy dokters is daar steeds aktiwiteit was as kortsluitings beskryf kan word, maar dit behoort binne die volgende paar weke op te klaar as alles goed gaan.

Die Verfaillies is steeds onseker oor wat in die volgende paar weke gaan gebeur en bid dat alles ten goede sal saamwerk.

Marc en Juanita bedank almal wat hul harte vir hulle oopgemaak het. Elke gebed en geldelike bydrae word opreg waardeer

Mense wat die gesin graag in hulle nood wil bystaan, kan die Ermelo Nedbank-spaarrekeningnommer 1005257833 gebruik. Die rekeninghouer is MDM Verfaillie.

Related Articles

Back to top button