EntertainmentLifestyle

Dek tafel met flair

Die gebruik van rotsrosies, bessies, mos en vars kotsteelrose verander ’n plat tafel in ’n prentjie of skildery wat atmosfeer skep.

Abrie Coetzee van Camelia in Klerksdorp het die vroue van die NG Kerk in Breyten Saterdag kom inspireer om kreatief te onthaal en tafel te dek.

Abrie het al op die Tv-programme Kyknet, Pasella en Top Billing verskyn en was by Nampo-oesdag te sien waar hy tafeldek- en kosdemonstrasies gehou het.

Hy inspireer vroue om Ouma se eetgerei uit die kas te haal en vindingryk met moderne Royal Albert- of Noritake-breekgoed te kombineer.

Die voorbereide kos moet volgens hom vanaf ’n sytafel in vier of vyf gange bedien word ten einde jou gaste geleentheid te gee om rustig te eet, kuier en ontspan

Die gebruik van rotsrosies, bessies, mos en vars kotsteelrose verander ’n plat tafel in ’n prentjie of skildery wat atmosfeer skep.

Die vroue het baie vrae gevra waarop hy gemaklik geantwoord en goeie raad gegee het.

Hy het voorgestel dat die vroue nie nuwe kerse gebruik wanneer hulle tafeldek nie, aangesien die was drup, maar eers die kerse voor die tyd ’n bietjie laat brand om dié probleem te voorkom.

Jackie de Villiers en haar raakvat-vroue het heerlike verversings voorgesit.

Die idee van dié oggend was om hande te vat met die res van die Hoëveld se raakvat-vroue.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Related Articles

Back to top button