Local newsNews

Wyk 8 ondersteun plaaslike hoërskool

Skoolhoof me. Lucille Geoghegan het die skenking in ontvangs geneem.

Wyk 8 het ‘n projek geloods om Nederland Park Secondary School (NPSS), ‘n skool in dié wyk, by te staan.

Die raadslid vir die wyk, me. Julia Bal, en twee komiteelede, Blessing Sibande en Sylvia Breytenbach, het verlede week die skool besoek met

‘n skenking van toiletpapier, industriële mops, besems en skoonmaakmiddels.

Kartonne vol sanitêre benodighede is ook afgelaai vir die leerders. Volgens me. Bal is dit onaanvaarbaar dat leerders uit die skool bly omdat hulle nie die ware kan bekostig nie.

Wyk 8 hoop om kwartaalliks die bydrae aan NPSS vol te hou.

Skoolhoof me. Lucille Geoghegan het die skenking in ontvangs geneem en haar dank uitgespreek teenoor al die lede van Wyk 8.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Related Articles

Back to top button