CrimeNews

Misdaadbrokkies vanuit Ermelo

'n 14-jarige dogter is op 3 Junie in haar ouerhuis in Wesselton deur haar pa (37) verkrag

  • ‘n 14-jarige dogter is op 3 Junie in haar ouerhuis in Wesselton deur haar pa (37) verkrag. Na bewering het die pa haar na sy kamer geroep waar hy haar verkrag het. Die dogter se ma het hom glo op heterdaad betrap en die polisie ontbied. Die man is in hegtenis geneem en het Maandag reeds in die hof verskyn op aanklag van verkragting.

 

  • Twee vriendinne het Vrydagaand in Wesselton gestap toe hulle opmerk dat hulle deur twee mans wat na bewering met ‘n knipmes gewapen was, agtervolg word. Die vroue het van die mans af probeer vlug, maar die klaagster (27) is glo deur een van die mans ingehardloop wat geld en haar selfoon van haar geëis het, waarna hy haar na ‘n naby-geleë huis geneem het en na bewering verkrag het.

Related Articles

Back to top button