Community galleriesGalleries

Kaalvoet-Sondag vir barmhartigheid

Drie jaar gelede het die gedagte in die Hervormde Kerk Ermelo ontstaan om die eerste Sondag in Junie kaalvoet kerk toe te kom om iets te ervaar van mense wat nie skoene het nie.

Drie jaar gelede het die gedagte in die Hervormde Kerk Ermelo ontstaan om die eerte Sondag in Junie kaalvoet kerk toe te kom om iets te ervaar van mense wat nie skoene het nie.

By die geleentheid is skoene, tekkies, pantoffels asook kos en kombersies saamgebring. Dis o.a. uitgedeel aan behoeftige kinders van JJ van der Merwe en Laerkool Ermelo.

‘n Hele sleepwa goed is ook na ‘n kleuterskool in Danville gestuur. Daar is toe besluit om dit ‘n jaarlikse geleentheid te maak. Verlede jaar is kos ingesamel vir TOIBO – die Transoranje instituut vir buitengewone onderwys.

Sondag is weer so gemaak. Die gees was soos in die verlede, fantasies. Groot en klein koop in, in die geleentheid.

Alhoewel daar voor die tyd gesê word dat ouer mense en mense wat siekerig is, nie kaalvoet hoef te kom nie, kom die meeste mense wel kaalvoet, selfs mense van diep in die sewentig.

Hierdie jaar is besluit om kos in te samel wat in ons dorp aan behoeftige gesinne gegee sal word.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Related Articles

Back to top button