Editor's choiceLocal newsNews

Nat pad hou gevaar in

Die voertuig het by 'n afgrond afgerol en tussen bome tot stilstand gekom.

Vyf jongmense tussen die ouderdom van 15 en 25 was gelukkig om ernstige beserings vry te spring toe die bestuurder van die ligte motorvoertuig waarin hulle gereis het, beheer oor sy voertuig verloor het, dit die pad verlaat en verskeie kere omgeslaan het.

Die voertuig het by ‘n afgrond afgerol en tussen bome tot stilstand gekom. Na wat verneem word, het die voertuig op die nat pad gegly toe die bestuurder op ‘n sperstreep vir aankomende voertuie uitgeswaai het.

Die ongeluk het Sondagaand omstreeks 19:00, sowat 30 km vanaf Ermelo op die N2 tussen Ermelo en Piet Retief gebeur.

Slegs die bestuurder en ‘n 16-jarige meisie het ligte beserings opgedoen en is deur nooddienspersoneel op die toneel behandel waarna hulle na ‘n hospitaal op Ermelo geneem is.

Related Articles

Back to top button