Local newsNews

Erries maak lyne nat

Rico Jordan het die meeste vis gevang (16 visse vir die 12 kg-afdeling) en die grootste karp met ’n gewig van 2,45kg. Hy is ook aangewys as die Victor Ludorum vir die dag.

 

Die eerste skoleligahengelkompetisie van die jaar het onlangs by Eilandmeer plaasgevind.
Tussen die sewe hoërskole wat teen mekaar meegeding het, naamlik Hoërskool Middelburg, HTS Middelburg, Middelburg Gekombineerd, Hoërskool Kriel, Ligbron Akademie vir Tegnologie, Hoërskool Hoogenhout en Hoërskool Ermelo, het die Erries as wenners uit die stryd getree.
14 spanne het deelgeneem.
Nadat daar met gebed geopen is, het die loting plaasgevind en die kompetisie teen 7:00 begin. Teen 15:00 is al die vis ingeweeg.
EHS het die eerste plek behaal met 147 punte, HTS Middelburg ’n tweede plek met 140 en Kriel ’n derde plek met 117 punte.
Rico Jordan het die meeste vis gevang (16 visse vir die 12 kg-afdeling) en die grootste karp met ’n gewig van 2,45kg. Hy is ook aangewys as die Victor Ludorum vir die dag.

 

 

Related Articles

Back to top button