Local newsNews

Chrissie en die professor

Bekende skrywer en inwoner van Chrissiesmeer, prof. Ton Sanders, is onlangs deur Mpumalanga Hoëveld Toerisme vereer vir sy bydrae tot die literêre bewaring van Mpumalanga, Chrissiesmeer en omliggende gebiede se geskiedenis.

Bekende skrywer en inwoner van Chrissiesmeer, prof. Ton Sanders, is onlangs deur Mpumalanga Hoëveld Toerisme vereer vir sy bydrae tot die literêre bewaring van Mpumalanga, Chrissiesmeer en omliggende gebiede se geskiedenis.

Prof. Sanders is van Nederlandse afkoms en het in 1963 as 22-jarige in diens van die Nederlandse Bank (vandag bekend as Nedbank) Suid-Afika toe gekom.

In 1968 het hy die akademiese wêreld betree waar hy aan die regsfakulteit van die Universiteit van Suid-Afrika (Unisa) verbonde was.

Later jare het hy ook hofverslae vir Swaziland gedoen en het gereeld vanaf Pretoria via Carolina na Mbabane gereis.

So het hy op ‘n dag op pad terug van Swaziland besluit om sy roete te verander en deur Chrissiesmeer gereis.

Dié dorpie het sy hart gesteel en hy het besluit om daar ‘n blyplek aan te skaf sodat hy naweke uit die stad kon wegbreek.

Dis toe dat hy in 1989 die ou tronkie wat slegs uit twee selle bestaan het vir R2 500 van die buitestedelike administrasie gekoop het.

Ná sy aftrede in 2002 het hy permanent na Chrissiesmeer verhuis, die tronk verkoop en die gewese Barcleys Bank sy nuwe tuiste gemaak.

Hy het nog altyd in geskiedenis, argeologie en antropologie belang gestel en het begin om die gebied te verken en die ryk geskiedenis van Chrissiesmeer na te vors.
In 2012 is sy eerste boek “Chrissie is her name. The story of Lake Chrissie/Chrissiesmeer ” gepubliseer.

Dié boek is gevolg deur “Lake Chrissie’s Bushman Past” in 2013.

Die volgende jaar het sy boek ” Lake Chrissie / Chrissiesmeer and the Anglo-Boer War 1899-1902″ die lig gesien.

Verlede jaar het hy twee boeke gepubliseer, die eerste “Carolina’s Ancient Sites. Fiction, Facts and Mysteries en later “The Village at the Great Lake. Lake Chrissie / Chrissiesmeer / KwaChibikhulu”.

Sy liefde vir Chrissiesmeer en omgewing skyn duidelik deur in sy boeke en hoewel hy nog nie ‘n nuwe boek beplan nie, sal nog stories oor die distrik verwelkom word.

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Ridge Times and Standerton Advertiser.

For more news and interesting articles, like us on Facebook, follow us on Twitter or Instagram

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button