Local newsNews

GCA bederf SAVF-inwoners

Lede van die Great Commission in Action (GCA) het Sondag na die inwoners van die SAVF-huis, Ermelo uitgereik.

Lede van die Great Commission in Action (GCA) het Sondag na die inwoners van die SAVF-huis, Ermelo uitgereik. Na die kerkdiens het Wayne Matthews amal met Gospel liedjies vermaak, terwyl amal het lekker saamgesing het met hande omhoog om lof te bring aan die Here.

Daarna is die inwoners bederf met heerlike koek en geselsies die GCA-lede  het van saal tot saal gegaan om vir amal wat nie by die diens kon wees nie te bederf met n bordjie eetgoed en ’n geskenkpakkie.
Die personeel is ook bedank vir die uitsonderlike werk wat hulle doen en het elk ook ’n geskenkpakkie ontvang.
Toiletware, haardroërs en knippers is aan die wat dit nie kan bekostig nie, oorhandig.
Baie dankie aan elkeen wat ’n bydrae gemaak het, en aan die besighede wat betrokke was, S&L Meubileerders, Tuiskoop en Bekker Brink en Brink.
Ons was waarlik geseën met genoeg bydraes en kon  selfs ’n kontantbydrae oorhandig.
Baie dankie aan Annelize by SAVF vir al jou hulp en reëlings om die dag ’n suksestemaak.
Dankie aan elke lid van GCA wat saam daar was en bedien het met soveel liefde! Julle is n span duisend.

Related Articles

Back to top button