Local newsNews

Cyril die nuwe weerman hou van uitdagings

Die werk by die weerkantoor behels die monitering en observering van weerpatrone in die streek op die radarskerm en die stuur van inligting wat verkry is na die SA Weerdiens se kantoor in Pretoria.

Cyril Links is die nuutste toevoeging tot die SA Weerdiens se span op Ermelo.

Hy is in Oktober verlede jaar op bevordering as hoof meteorologiese tegnikus by die weerkantoor op Ermelo aangestel en is duidelik iemand wat ‘n passie vir sy werk het.

Cyril, ‘n boorling van Springbok, was voorheen by die weerstasie op Calvinia in die Noord Kaap gestasioneer. Sy vrou, Christine, het hom hierheen vergesel en die paartjie sien daarna uit om deel van Ermelo se gemeenskap te word.

“Ek is ‘n mens wat hou van ‘n uitdaging, so Ermelo se berugte koue winters gaan my nie afskrik nie,” het hy geskerts.

Die werk by die weerkantoor behels die monitering en observering van weerpatrone in die streek op die radarskerm en die stuur van inligting wat verkry is na die SA Weerdiens se kantoor in Pretoria.

Dié inligting word uurliks vanaf Ermelo gestuur waar dit gebruik word om weervoorspellings saam te stel.

“Wat die ligging van Ermelo se weerstasie uniek maak, is die feit dat dit die stasie is wat die hoogste bo seespieël in Suid-Afrika geleë is, naamlik 1,774 m,” het hy verduidelik.

Hy het ook gemeld dat die weerstasie inligting van weerspatrone aan vlieëniers, asook boere en die algemene publiek verskaf.

‘Ek wil regtig jong mense aanmoedig om ‘n loopbaan in die SA Weerdiens te oorweeg.

Dit is ‘n baie interessante beroep en bied vele uitdagings, soos leersame navorsingsekspedisies na die Marion- en Gogh-eilande,” het hy gesê.

Related Articles

Back to top button