Local newsNews

Moord skok gemeenskap

Me. Issie Dippenaar (58), dryfkrag agter die kinderhuis in Ermelo, is gisteraand dood in haar voertuig se kattebak aangetref.

Me. Issie Dippenaar (58), dryfkrag agter die kinderhuis in Ermelo,  is gisteraand dood in haar voertuig se kattebak aangetref.

Volgens kapt. Carla Prinsloo (woordvoerder SAP Ermelo) is sy moontlik verwurg maar wag hulle vir die verslag van die nadoodse ondersoek voordat hulle die oorsaak van haar dood kan bevestig.

Haar bure het onraad vermoed nadat hulle ’n oproep van haar ma ontvang het dat sy nie haar foon antwoord nie.

Haar voertuig was by die huis en alles het daarop gedui dat sy daar is maar hulle kon haar nie vind nie.

Hulle het dadelik onraad vermoed en ACSU ontbied.

Na ’n lang soektog is me. Dippenaar dood in die kattebak van haar voertuig aangetref.

Op die stadium  kan die polisie net bevestig dat daar geen tekens is van gedwonge toegang nie en dat hulle tans besig is met die ondersoek en opvolging van leidrade

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button