NewsSchools

Ligbron Gr 12’s sluit skoolloopbaan af

Aan die einde van leerders se Gr. 12 jaar, word hulle liggies gedoof en word hulle met die lig van die lewe die buite wêreld ingestuur.

Ligbron Akademie vir Tegnologie spog met ‘n besonderse tradisie waarby elke Gr. 8 leerling se liggie ná afloop van die Groentjieskonsert aangesteek word om hulle as ware Liggies in te lyf en verwelkom.

Aan die einde van die leerders se Gr. 12 jaar, word hulle liggies weer gedoof en word hulle met die lig van die lewe die buite wêreld ingestuur.

Dié roerende tradisie is Maandagoggend voortgesit toe die 2016 Gr. 12-groep se Kersdoofseremonie tydens saal opening plaasgevind het. Vir party leerders was dit ‘n emosionele ervaring en trane het vrylik gevloei.

‘n Suksesvolle en onvergeetlike skoolloopbaan by Ligbron is hiermee op ‘n hoë noot afgesluit.

Die hoofseun Henry-Paul Potgieter en hoofdogter Catha Jacobs het weer elkeen ‘n kers aangesteek voordat hulle die saal verlaat het.

Dit simboliseer dat elke Gr.12 nou die lig sal uit dra na hulle toekoms.

Ligbron wens elkeen van dié leerders alle seën toe vir hulle toekoms, asook baie sterkte vir die eindeksamen wat eersdaags begin.

Related Articles

Back to top button