Local newsNews

Die skou gaan voort

Die hoogtepunt van die fees is die Parlotones wat Saterdagaand om 19:00 optree.

Dis met groot opgewondenheid dat die Ermelo Skou Komitee verlede week aangekondig het dat hulle weereens die

Ermelo Hoëveld Landbou Fees, 2 – 4 Maart 2017, sal aanbied.

Hul beloof dat dié fees weereens ‘n hoogtepunt op almal se kalender sal wees.

Mnr. Willie Jacobsz, voorsitter van die skoukomitee, nooi elkeen persoonlik uit om in dié besondere fees te deel.

Met ‘n daaglikse arena program van 09:00 to 22:00 is daar vermaak vir jonk en oud.

Soggens word die kinders deur Boeboe die Nar vermaak en die res van die dag word die verhoog deur ‘n magdom kunstenaars beman.

Anél Moolman en Ryan Naude tree weereens as seremonie-meesters op.

Skougangers kan uitsien na top kunstenaars op die skouverhoog:

Refentse, Ricus Nel en Liza Bronner tree Donderdagaand vanaf 19:00 op.

Vrydagaand deel Monique Steyn en Touch of Class die verhoog vanaf 18:30.

Die hoogtepunt van die fees is die Parlotones wat Saterdagaand om 19:00 optree.

Verdere vermaak en kykgenot sal op ‘n later stadium bekendgemaak word.

Toegangsgelde vir die fees is R50 per volwassene per dag, R30 per skolier per dag en R20 per skolier in skoolverband per dag.

Pensioenarisse, 65 jaar en ouer, het met bewys van hul ID gratis toegang tot die fees.

Enige individu en / of besigheid wat graag betrokke wil raak by die feesreëlings kan gerus by die skoukantoor inloer vir meer inligting.

Die Skou Dagbestuur bedank die komiteelede sowel as al die borge wat al vroegtydig ingetree het met harde werk en toewyding om te verseker dat die komende fees ‘n groot sukses sal wees.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button