Local newsNews
Noue ontkoming vir twee
Na wat verneem word, het die bestuurder van die ongelukstoneel af weggehardloop.
![](https://images.caxton.co.za/wp-content/uploads/sites/93/2016/10/IMG_5369.jpg)
Die bestuurder en passasier van ’n VW Polo Vivo was gelukkig om sonder beserings daarvan af te kom toe die voertuig teen ’n hoë spoed teen ’n versperring gebots en omgeslaan het.
Die enjin, onderstel en voorwiele is weens die geweld van die botsing oor ’n afstand van bykans 100 m oor die pad gestrooi.
Die ongeluk het Vrydagaand omstreeks 20:40 buite Ermelo naby die weegbrug op die N11 tussen Ermelo en Hendrina plaasgevind.
Na wat verneem word, het die bestuurder van die ongelukstoneel af weggehardloop.