Local sportSport

Tersia wen ‘Nine and Dine’

Spelers het nege putjies gholf aangedurf, die gebruik van 'n gholfkarretjie gekry en 'n ete geniet vir die prys van hul inskrywingsgeld.

IMG_1951
“Kan jy glo! Dis mis!”
IMG_1956
“Het hom!”
IMG_1968
“Daar rol hy waaragtig verby!”
IMG_1986
“Mmm… goeie skoot my maat.”
IMG_1988
Die singende kitaar-man. Roelf Schoeman het die gholfspelers se voete laat jeuk met sy talentvolle kitaarspel tydens die “Nine & Dine” gholfwedstryd.

Tersia Kemp is as die wenner van die “Nine & Dine”-gholfwedstryd aangewys wat Vrydag op die Ermelo-gholfbaan plaasgevind het.

Spelers het nege putjies gholf aangedurf, die gebruik van ‘n gholfkarretjie gekry en ‘n ete geniet vir die prys van hul inskrywingsgeld.

Tersia en twee ander spelers, Estiaan Roos en Willie Grobler, het gesamentlik op 17 punte geëndig en die wenner is op ‘n uittelbasis bepaal.

Estiaan Smit het die langste dryfhou van die dag geslaan en Colin Odendaal was naaste aan die pen op die vierde putjie. Estiaan Roos was naaste aan die pen op die sesde putjie.

Saterdag se IPS-wedstryd waaraan 48 spelers deelgeneem het, is gewen deur Gerhard “Oros” van der Walt op 39 punte.

Piet Swanepoel was tweede met 38 punte, Peter Weldon derde met 37, Freddy Els vierde ook met 37 punte op ‘n uittel en Estiaan Roos in die vyfde plek met 36 punte.

Theo Bleeker het ‘n spogtwee op die sesde putjie behaal.

Eerskomende Saterdag word ‘n tweebal- beterbal “Scramble Drive”-wedstryd op die gholfbaan beslis.

 

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button