Local newsNews

Paaie eis hul tol

’n Voertuig het aan die brand geslaan en ’n veldbrand veroorsaak.

Verskeie ongelukke het van Vrydag tot Maandagoggend in en om Ermelo plaasgevind.

Vyf mense het Vrydagoggend ernstige beserings vrygespring in ‘n botsing tussen ‘n bakkie en ‘n ligte voertuig op die hoek van Kerk- en Mc Donaldstraat. Die ongeluk het omstreeks 11:00 gebeur.

Die insittendes is op die toneel deur personeel van ER24 en die Mpumalanga Nooddienste behandel. Een passasier is in die wrak van die motor gestabiliseer voordat sy na die hospitaal vervoer is.

Omstreeks 16:40 dieselfde middag is ‘n vrou lig beseer in ‘n botsing op die hoek van Burger- en De Jagerstraat.

Saterdagaand omstreeks 19:30 is ‘n voetganger op die pad tussen Ermelo en Lothair deur ‘n voertuig doodgery. Sondagoggend vroeg is ‘n vrou naby Breyten deur ‘n motoris doodgery.

Omstreeks 02:00 Maandagoggend het die bestuurder beheer oor sy voertuig verloor waarna dit van die pad geloop en omgeslaan het. Die ongeluk het ongeveer 12km vanaf Ermelo op die N11 tussen Ermelo en Hendrina plaasgevind.

Die voertuig het aan die brand geslaan en ‘n veldbrand veroorsaak.

Die bestuurder is lig beseer en deur ER24-ambulanspersoneel na die Ermelo Provinsiale Hospitaal geneem.

20160627_021306-1
’n Veldbrand het ontstaan nadat ’n voertuig omgeslaan en aan die brand geraak het. (Foto: C. Botha)
IMG_1840
Verskeie ongelukke het in en om Ermelo oor die naweek plaasgevind.

Related Articles

Back to top button