Local newsNews

Ermelo-vlieëniers presteer in PTAR

Die Ermelo vlieëniers het slegs 11 sekondes op hulle voorgeetyd oor die twee dae verloor.

Twee lede van Ermelo Lugvaart-vereniging, Coetzee van der Merwe en Jantjie Randell, het die afgelope naweek met welslae aan die 2016 Presidents Trophy Air Race (PTAR) deelgeneem.

Die PTAR, ook bekend as die Presidents-wedvlug word deur die South African Power Flying Association aangebied en word as een van die mees vooraanstaande lugvaartwedvlugte ter wêreld gereken.

Vanjaar se wedvlug het vanaf Bethlehem in die Vrystaat plaasgevind en het 86 vliegtuie met ‘n vlieënier en navigator in elke vliegtuig van alle uithoke van die land gelok.

Coetzee, vlieënier, en Jantjie, navigator, het die algehele 12de plek in hul Cessna 182 ingepalm.

Die wedvlug word oor ‘n afstand van ongeveer 1 060 km gevlieg en vind oor twee dae plaas, 530 km op Vrydag en 530 km op Saterdag.

Dit word op ‘n voorafuitgewerkte voorgeebasis beslis wat al die deelnemers ‘n gelyke geleentheid behoort te bied om te wen.

Coetzee en Jantjie het slegs 11 sekondes op hulle voorgeetyd oor die twee dae verloor en was slegs twee minute ná die wenners.

“Dit was ‘n opwindende ervaring en daar is geen pryse vir die wenners nie. Almal neem deel uit die liefde vir die vliegsport.

Daar was slegs agt minute verskil tussen die eerste en laaste vliegtuie. As mens in gedagte hou dat daar 86 vliegtuie was wat deelgeneem het, gee dit ‘n aanduiding van hoe straf die mededinging was,” het Coetzee vertel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button