Local newsNews

Gerhard Woithe verloor kankerstryd

Gerhard Woithe (84), 'n gebore Ermeloër, is Donderdag, 14 April oorlede.

Gerhard Woithe (84), ‘n gebore Ermeloër, is Donderdag, 14 April oorlede.

Hy en sy vrou Rachie het ten tye van sy afsterwe in ‘n aftreeoord in Bronkhorstspruit gewoon.

Gerhard is gebore as die enigste seun van sy Duitse ouers, Fritz en Lotte. Sy ouer suster, Gertude, het tot onlangs nog in Ermelo gewoon.

Gerhard was sy lewe lank ‘n boer op die plase Goedehoop en Nelspan wes van Ermelo.

Hy en Rachie het later op Uitgevallen oos van die dorp gewoon.

Hy is etlike jare gelede met kanker gediagnoseer en sedert Januarie vanjaar het sy gesondheid vinnig versleg.

“Ons is baie hartseer om hom te verloor, maar hy het die afgelope tyd baie pyn en ongemak beleef,” het Rachie gesê. Hulle was 56 jaar getroud.

Gerhard word oorleef deur sy vrou, wat etlike jare bestuurder van die SAVF-Huis op Ermelo was, drie kinders, Renate, Lise en Hermann, en ses kleinkinders.

Related Articles

Back to top button