NewsSchools

Cobus van Dyk is adjunkhoof

"Ek weet dit gaan harde werk wees, maar sien uit na die uitdaging wat my nuwe pos bied."

Mnr. Cobus van Dyk, tans Departementshoof Ekonomiese Bestuurswetenskap by EHS, is bevorder tot adjunkhoof.

Mnr. Van Dyk het in 2013 by die EHS-span aangesluit en is ook nou betrokke by die skool se rugby en rig die eerste span af.

Hy is ook die afgelope vier jaar deel van die Craven-afrigtingspan en was vanjaar hoofafrigter.

“Ek weet dit gaan harde werk wees, maar sien uit na die uitdaging wat my nuwe pos bied.

Ek geniet my werk terdeë en dis ‘n voorreg om ‘n verskil in die kinders se lewe te maak,” het mnr. Van Dyk gesê.

Hy is getroud met Carika, ook ‘n onderwyser by EHS, en hulle het twee kinders.

Mnr. Van Dyk het verlede jaar sy honneursgraad deur middel van langafstandonderrig deur Pukke behaal en het gesê dat hy dit nie sonder die hulp van sy Hemelse Vader en Carika se ondersteuning sou regkry nie.

Mnr. Van Dyk het bygevoeg dat hy geseënd is en graag wil terugploeg in die skool en kinders.
Hy het tong in die kies bygevoeg dat mense nie stout kinders kry nie, net besige kinders.

Related Articles

Back to top button