GalleriesSchools galleries

Fotogalery – Ligbron en Bergsig meet kragte

Ligbron Akademie vir Tegnologie se wintersportspanne gaan weer dié seisoen 'n krag gaan wees om mee rekening te hou.

Ligbron Akademie vir Tegnologie se wintersportspanne het die afgelope naweek ‘n duidelike boodskap uitgestuur dat hulle weer dié seisoen ‘n krag gaan wees om mee rekening te hou.

Die skool se rugby- en hokkiespanne het maklike oorwinnings oor Hoërskool Bergsig van Rustenburg behaal en die netbalspanne het ook moedige vertonings gelewer.

Die wedstryde was die tweede ronde in die huidige seisoen se Superreeks.

Die John Wright Veneers eerste rugbyspan het sy wedstryd met 46 – 0 gewen.

‘n Goeie grondslag is deur die voorspelers gelê wat die agterlyn die geleentheid gebied het om verskeie kere agter Bergsig se doellyn te kuier.

Die Liggies het agt drieë gedruk. Markus Mostert, agsteman en onderkaptein, het twee drieë gedruk en is aangewys as Speler van die Wedstryd.

Die Liggies se 0/14-rugbyspan het hul eerste Superreeks-wedstryd 12 – 10 gewen.
Ligbron was met rustyd 7 – 0 agter en het met ‘n groot terugvegpoging in die tweede helfte die oorhand gekry en twee drieë gedruk om die wedstryd in hul guns te beklink.
Peter Sanders is as Speler van die Wedstryd gekies.

Die 0/15- en 0/16-span het ook hulle wedstryde met goeie hardlooprugby beklink en tellings van 20 – 0 en 52 – 3 onderskeidelik behaal.

Vir die 0/15’s was Lerato Sebusi Speler van die Wedstryd en vir die 0/16’s is Wian Kieser as Speler van die Wedstryd gekies.

Die tweede span het bykans geen weerstand ondervind nie en 71 punte aangeteken voordat die wedstryd vroegtydig gestaak is, maar nie voordat die Liggies reeds 13 drieë teen ‘n moedelose Bergsig-span gedruk het nie.
Tiaan Beeslaar was hier die keuse vir Speler van die Wedstryd.

Ligbron kom op 9 April teen Hoërskool Dinamika in die Superreeks te staan.
Die wedstryde word op die Liggies se tuisveld gespeel.

Die eerste rugbyspan het Woensdag 16 Maart na die Tony Stoops Rugby Festival in Bellville vertrek waar hulle Saterdag in hul eerste wedstryd teen Hoërskool Nico Malan te staan kom.

Ligbron se hokkie- en netbaltellings is as volg (Ligbron se telling eerste):

Hokkie: eerste span 6-0; tweede span 9-0; 0/16A 9-0; 0/15A 16-0 en 0/14A 8-0.

Netbal: eerste span 21-15; tweede span 13-21; 0/16B 9-15; 0/16A 18-17; 0/15B 16-16; 0/15A 2-16; 0/14B 17-19 en 0/14A 8-39.

Related Articles

Back to top button