CrimeNews

Wees waaksaam vir bedrieërs

Indien 'n slagoffer die instruksies sou volg, kry die bedrieërs toegang tot inligting op die rekenaar se hardeskyf.

‘n Inwoner van Ermelo wat bekend is aan die Hoëvelder, maar verkies om anoniem te bly weens professionele redes, is onlangs byna deur bedrieërs met die “Microsoft”-telefoonslenter uitgevang, maar het gelukkig betyds onraad vermoed.

“Ek het ‘n landlynoproep ontvang van iemand wat beweer het dat hy van Microsoft was.
Hy het gesê dat daar ‘n probleem met my rekenaar was en dat ek sekere stappe telefonies sou moes uitvoer om die ‘probleem’ op te los.”

“Ek was bekommerd dat my rekenaar se geheueskyf beskadig was en al my dokumente verlore sou gaan en op die punt om aan hom gehoor te gee. Maar toe onthou ek dat ek êrens van die slenter gelees het.”

Die afgelope week het die slagoffer weer twee oproepe van vermeende bedrieërs op sy landlyn ontvang. Toe hy die persoon versoek om sy Microsoft-personeelnommer te verskaf, het die persoon summier die oproep beëindig.

Indien ‘n slagoffer die instruksies sou volg, kry die bedrieërs toegang tot inligting op die rekenaar se hardeskyf.

Microsoft het in ‘n verklaring gemeld dat hul personeel geen gebruiker sal skakel om persoonlike inligting te bekom nie. Microsoft verkoop ook nie hul produkte telefonies nie.

 

 

 

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM – 2667A726

WhatsApp – 0748877590

Related Articles

Back to top button