Community galleriesGalleries

Fotogalery – Tuinbouers leer van finansies, vakansies en koeksisters

Die boodskap was sterk: vroue moet hulself finansieel bemagtig vir die dag wanneer die noodlot of onvoorsiene omstandighede hul uit hul gemaksone kom ruk.

Ermelo Tuinbouklub se maandvergadering het verlede Woensdag by Tasso’s plaasgevind.

Elmarie Celliers het dié maand se vergadering gelei en in die algemeen gesels oor vetplante, indringerplante, waaronder die wildetamatie, en bome wat in die dorp afgekap word.

Daarna het sy in ‘n terugblik gepraat oor die ou dae toe almal nog hoede na die vergaderings gedra het en van al die wonderlike tye toe die Burgersentrum tydens blomskoue omskep is in ‘n paradys met rangskikkings van die hoogste gehalte.

Annette de Wet was een van die gassprekers en sy het met die vroue gesels oor die vrou se finansies en hulle ook bekendgestel aan Airbnb en Home Exchanges, ‘n maklike en bekostigbare manier om vakansie te hou.

Haar boodskap was sterk: vroue moet hulself finansieel bemagtig vir die dag wanneer die noodlot of onvoorsiene omstandighede hul uit hul gemaksone kom ruk.

Op ‘n ligter noot, het Koekedoor-ster, Gerda Swanepoel, vertel wat tydens die opname van Koekedoor agter die skerms gebeur het.

Sy het ook haar koeksister-suksesstorie gedeel en op ‘n manier by Annette aangesluit met die tema van vroue se finansiële onafhanklikheid.

Daarna is middagete bedien en almal het lekker verder saamgekuier.

Hou die Hoëvelder dop vir meer inligting rakende volgende maand se vergadering,’n uitstappie na ‘n appelplaas.

 

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM – 2667A726

WhatsApp – 0748877590

Related Articles

Back to top button