CrimeEditor's choiceLocal newsNews

Motorbestuurder gevonnis

Die botsing het die lewens van drie mense geëis.

Thulani Patrick Ngomane (30) is op 4 Januarie in die streekhof op Ermelo skuldig bevind aan strafbare manslag en roekelose en nalatige bestuur.

Hy is gevonnis tot 27 maande tronkstraf of ‘n boete van R10 000 op die eerste klag en 12 maande tronkstraf of ‘n boete van R5 000 op die tweede klag.

Daar is bevind dat Ngomane verantwoordelik was vir ‘n motorongeluk op 11 Januarie 2014 waarin ‘n 24-jarige haarkapster van Ermelo, Elizma Geldenhuys, asook twee passasiers in Ngomane se motor, Suvuso Moses en Pinky Twala, dood is.

Ngomane is lig beseer.

Die ongeluk was op die pad tussen Ermelo en Piet Retief naby die Camden-kragstasie.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM – 2667A726

WhatsApp – 0748877590

Related Articles

Back to top button