LettersOpinion

Donkerte goed vir skelmstreke

Dié toedrag van sake skep 'n teelaarde vir misdadigers.

Ontstoke inwoner, Ermelo:

Waar sal ons lig vandaan kom?
Ons lig lê in die hande van die munisipaliteit en juis daarom sal ons geen lig hê nie.

Ek is in die duister oor waarom die straatligte in ons dorp nie werk nie. Plek- plek is ‘n hele blok in donkerte gehul.

Dié toedrag van sake skep ‘n teelaarde vir misdadigers. Hulle skuil heerlik in die donkerte wat ons munisipaliteit so gretig aan hulle verskaf.

Daar is ook nog waterpype wat lek, riool wat in damme en riviere inloop en so kan ons aangaan met die lys.

Ek, en ek glo die meeste inwoners, eis ‘n antwoord van die munisipaliteit se bestuur oor waarom daar nie gereageer word op ons versoeke in dié verband nie.

Miskien het die tyd gekom dat ons ook die beleid van #feesmustfall teen die munisipaliteit inneem.

Dienslewering in Ermelo suig!

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM – 2667A726

WhatsApp – 0748877590

Related Articles

Back to top button