LettersOpinion

AfriForum reageer op leser se kritiek

"Met alle respek gesê, is ek van mening dat die skrywer oningelig is en die konsep van saakwaarneming verkeerd verstaan."

Hein Gonzales, AfriForum Provinsiale Koördineerder: Mpumalanga:

Ek verwys na die skrywe “Eens ‘n trotse Ermeloër”.

Dankie vir die geleentheid om op die inhoud van dié skrywe te reageer.

AfriForum het ‘n nasionale veldtog, 10 Dae van Selfstandigheid, van stapel gestuur van 28 September 2015 tot 8 Oktober 2015. Sowat 200 gemeenskapsprojekte is tydens dié veldtog voltooi.

Die projekte het onder meer die skoonmaak en herstel van strate, slaggate, begraafplase, straatligte en vullisterreine ingesluit. Regoor die land is sowat 200 straatligte vervang, 16 begraafplase skoongemaak, 4000 slaggate herstel en 845 ton vullis verwyder. AfriForum-takke het ook in samewerking met die gemeenskap 2000 bome geplant.

 

Lees – AfriForum herstel talle slaggate

AfriForum is ‘n burgerregte-organisasie wat veg vir die behoud en beskerming van menseregte, wat die behoud van diensleweringsregte insluit.

Met alle respek gesê, is ek van mening dat die skrywer oningelig is en die konsep van saakwaarneming verkeerd verstaan.

Die gebrek aan behoorlike dienslewering is ‘n nasionale krisis – in sommige gevalle kan dit ook as ‘n ramp geklassifiseer word.

AfriForum is geregtig daarop om selfdoenprojekte van stapel te stuur en sekere diensleweringsprojekte oor te neem, waarna ons die onkoste van plaaslike munisipaliteite kan verhaal. Hierdie proses is ook in die verlede met groot sukses aangepak.

Die tyd van agteroorsit en oor swak dienslewering kla, is verby, ons moet selfdoenprojekte aanpak.

Ek wil die briefskrywer aanmoedig om self sy moue op te rol en by gemeenskapsprojekte betrokke raak, eerder as om soos Job op ‘n ashoop te sit en mor.

 

Lees – Hoekom slaggate herstel?

 

 

Elke lid van die gemeenskap se bydrae maak AfriForum sterker. Ná afloop van die selfdoenprojek in Ermelo het ons lidmaatskap drasties gestyg.

Ons is trots op wat ons in samewerking met die gemeenskap kan vermag.

As die staat verval, verval ons almal. Selfdoen is die enigste oplossing.

Die ANC is nie in beheer van ons eie toekoms nie! Ons sal self besluit!

 

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM – 2667A726

WhatsApp – 0748877590

Related Articles

Back to top button