Local newsNewsSchools

MLA hou spogtee

Verlede Saterdag het deftig-getooide dames met vrolike hooftooisels uit die hele kontrei saamgekom om ’n heerlike oggend van musiek, dans, voordrag en voortreflike gebak te deel.

Verlede Saterdag het deftig-getooide dames met vrolike hooftooisels uit die hele kontrei saamgekom om ’n heerlike oggend van musiek, dans, voordrag en voortreflike gebak te deel.

Die tee was ten bate van Morgenzon Landbou Akademie (MLA) se gr.12-leerders se nalatenskap vir die skool.
Die Oud-Errie-orkes het opgetree en me. Irma Viljoen, streekbestuurder van Annique, het die gehoor toegespreek en bederf met geskenke van hul produkte.

Image Models, onder leiding van me. Zhani Harris, het die fynkuns van modelloop gedemonstreer, terwyl mnr. Pierre Venter en die Pieter Dahl Songs Academy die gehoor met sang vermaak het.
Amateur-modelle het met die aanmoediging van ouma’s en ma’s die geleentheid gehad om hul slag op die loopplank te wys.

Die matriekafskeidkoning en -koningin is ook tydens die geleentheid aangewys.
Dr. Kobus Groenewald, hoof van Pro Arte Alphen Musiekskool in Pretoria, het met ’n puik uitvoering en meesleurende dwarsfluitmusiek dié heerlike dag afgesluit.

Dit was ’n uiters suksesvolle dag en Morgenzon Landbou Akademie bedank almal vir hulle deelname aan en bywoning van die spesiale dag.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM – 2667A726

WhatsApp – 0748877590

Related Articles

Back to top button