Local newsMunicipalNews

Stank vir dank

Dit is een van talle liggings in Ermelo waar probleme met riool­stortings voorkom.

Rou riool stroom reeds langer as drie weke uit ‘n inspeksieluik wat reg langs die Lutherse Kerk in Cemetryweg geleë is.

Die stroom riool vloei af tot in die vlei onderkant die Petdam en beland uiteindelik in die rivierstelsel wat die Vaalrivier voed.

Volgens sakelui oorkant die vlei in Murray- en Naudéstraat is die stank soms ondraaglik en hoewel die probleem reeds etlike weke gelede by die munisipaliteit aangemeld is, is daar tot dusver weinig aan die saak gedoen.

Dieselfde rioolstorting is verskeie kere in die verlede deur die media uitgelig en is onder meer onder die aandag van politici en burgerregteorganisasies gebring.

Dit is ook een van talle liggings in Ermelo waar probleme met riool­stortings voorkom.

Sowat 10km vanaf Ermelo kan die stank van rou riool in die Klein Drinkwaterspruit geruik word waar dit onder die brug oor die Nelspanpad vloei.

‘n Sakeman en sy gesin wat soggens op dié grondpad fietsry, het uitgewys hoe stadig-vloeiende water aan die een kant van ‘n brug met riool deurspek is terwyl die oppervlak van die water aan die ander kant met bolle skuim bedek is.
“Dit is nie meer aangenaam om hier te ry nie nie,” het die sakeman gesê.

Etlike kilometer verder stroom-af ondervind ‘n boer, mnr. Kerneels van Rensburg, reeds ‘n geruime tyd herhalende probleme met die gehalte van die water wat in dieselfde spruit deur sy plaas vloei.

 

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM – 2667A726

WhatsApp – 0748877590

Related Articles

Back to top button