Community galleriesGalleriesLocal newsNews

Werpsels bring 27 nuwe-babas

Afgesien van die 31 honde en 13 katte wat reeds in EARS se sorg is, het 27 baba-hondjies Maandag hul opwagting gemaak.

EARS se inwonertal groei met rasse skrede.

Afgesien van die 31 honde en 13 katte wat reeds in EARS se sorg is, het 27 baba-hondjies Maandag hul opwagting gemaak.

Volgens Ronél van der Merwe, voorsitter van EARS, benodig hulle steeds kos vir die diere. Met die “weggooi-kinders wat nou weer meer geword het”, is dit ’n stryd om almal se magies vol te hou.

Sy herinner ook die gemeenskap aan die hondeskos tydens die Kos- en Kunsmark op 5 September plaasvind, fondse wat tydens die geleentheid ingesamel word sal aan EARS geskenk word, vir meer inligting skakel Adri by 082 929 7046.

Vir meer inligting oor diere wat by EARS aangeneem kan word of om ’n donasie te maak skakel Ronél by 083 400 1079 of 083 976 7113.
Onder is ’n paar van die diere wat reg is vir aanneming.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM – 2667A726

WhatsApp – 0748877590

Related Articles

Back to top button