GalleriesNewsSchoolsSchools galleriesSports galleries

Ligbron Akademie netbal op dreef

Liggies se eerste netbalspan deur na SA's.

Ligbron Akademie vir Tegnologie se 1ste Netbalspan

Ligbron Akademie vir Tegnologie se 1ste NetbalspanLigbron Akademie vir Tegnologie se eerste netbalspan het vanjaar ‘n uitstekende seisoen beleef en 10 uit die 11 ligawedstryde gewen.
Die span se sterk aanval en verdediging, asook uitstekende spanwerk het moeilik gemaak vir ander spanne om hul te klop.

Die Liggies is Mpumalanga naaswenners nadat slegs HTS Middelburg hul in die eindstryd kon troef. Die beste twee spanne in elke provinsie dring deur na die S.A Skolekampioenskappe wat in Augustus sal plaasvind.

Die eerstespan bedank graag TWK-versekering, Piet Retief vir die borg van hul wedstryddrag.

Ligbron se 0/14, 0/15 en 0/16 A-spanne het ook met welslae aan die eindronde van die Mpumalanga kampioenskappe deelgeneem.

Die 0/15-span het uitstekend gevaar en derde in die provinsie geëindig.

Uitslae:
0/14 A: verloor 8 – 9 teen Lydenburg en verloor 7 – 11 teen HTS Witbank
0/15 A: wen 29 – 1 teen Ngodini, verloor 7 – 24 teen HTS Middelburg se Rooispan, wen 11 – 7 teen HTS Middelburg se Blouspan in die kwart-eindstryd en verloor 24 – 9 teen HTS Middelburg se Rooispan in die half-eindstryd.
0/16 A: verloor 11 – 14 teen Nelspruit, wen 16 – 11 teen HGH en verloor 11 – 5 teen HS Middelburg in die half-eindstryd.
1ste span: wen 28-22 teen Lowveld High, Wen 37 – 21 teen HGH, Wen 26 – 14 teen Lydenburg in die kwart-eindstryd, Wen 27 – 15 teen HTS Witbank in die half-eindstryd en Verloor 39 – 16 teen HTS Middelburg in die eindstryd

Related Articles

Back to top button