GalleriesNewsSchoolsSchools galleries

Liggie-netbal blink uit op GSSN-kampioenskappe

Ligbron is besonder trots op die eerste netbalspan wat onoorwonne in die GSSN-streekskampioenskappe is.

In wat as die beste seisoen nóg vir Ligbron se netbalspanne bestempel word, het al vier die A-spanne ná hul uitstekende vertonings die afgelope naweek in bitterkoue weer op Standerton deurgedring na die Mpumalanga-kampioenskappe wat op 19 en 20 Junie op Witbank plaasvind.

Ligbron is besonder trots op die eerste netbalspan wat onoorwonne in die GSSN-streekskampioenskappe is. Die span is Gert Sibande-wenners en dring as nommer een deur na die Mpumalanga-kampioenskappe.

Al die Gert Sibande-skole het vanjaar in die A1-liga meegeding wat meegebring het dat tot ses wedstryde op een dag in die meeste ouderdomsgroepe plaasgevind het.

Ligbron se eerste span het met volgehoue hoë spelpeil en stamina beïndruk.
Die span was ewe sterk op aanval en verdediging en het al hul wedstryde oortuigend gewen.

Die algehele fiksheid van die span was deurslaggewend en al ses wedstryde is met hoë impak gespeel.
Ligbron se ander A-spanne het hulle ook deeglik laat geld. Die 0/15 A-span is Gert Sibande-naaswenners nadat hulle vyf van hul ses wedstryde gewen het.

Die 0/16A en 0/14A het onderskeidelik in die derde en vierde plek in die streek geëindig.

Saterdag se uitslae (Ligbron se tellings eerste) is: Eerste span 40 – 21 vs Oosterland, 40 – 31 vs EHS, 30 – 17 vs Hoogenhout, 41 – 10 vs Standerton, 35 – 11 vs Piet Retief en 29 – 13 vs Secunda.
0/14: 21 – 5 vs Oosterland, 8 – 9 vs EHS, 12 – 18 vs Piet Retief, 7 – 14 vs Secunda, 12 – 9 vs Hoogenhout en
12 – 11 vs Standerton.
0/15: 19 – 3 vs Oosterland, 11 – 15 vs Secunda, 17 – 8 vs Piet Retief, 19 – 3 vs EHS, 17 – 2 vs Standerton en
8 – 6 vs Hoogenhout.
0/16: 13 – 5 vs Secunda, 6 – 7 vs Standerton, 13 – 14 vs Piet Retief en 7 – 11 vs EHS.

 

 

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM – 2667A726

WhatsApp – 0748877590

Related Articles

Back to top button