Local sportNewsSchool sportSport

Errie-eerstes wen in laaste oomblik

’n Strafdoel deur Leon Visser in die laaste oomblik van die wedstryd het Saterdag aan die Erries se eerste rugbyspan hul eerste oorwinning in vanjaar se Tuksreeks besorg.

’n Strafdoel deur Leon Visser in die laaste oomblik van die wedstryd het Saterdag aan die Erries se eerste rugbyspan hul eerste oorwinning in vanjaar se Tuksreeks besorg.

Hulle het die makroskool Marais Viljoen van Alberton met 8-5 in ’n spannende wedstryd geklop.

Hoewel die Erries heelwat foute begaan en geleenthede om punte te behaal, verspeel het, was dit nogtans ’n verdiende oorwinning.

Dit was veral rotsvaste verdediging wat die wa vir hulle deur die drif getrek het.

Teen rustyd was die Erries 5-0 voor nadat Boeta Terbalnche ’n doelgerigte dryfbeweging deur die voorspelers met ’n drie afgerond het.

In die tweede helfte het Marais Viljoen ’n soortgelyke drie behaal voordat Leon Visser die wen-strafdoel aangeteken het.

Behalwe die 0/14A’s wat met 17-3 geklop is, het die ander Errie-rugbyspanne groot loesings op die lyf geloop.

Die 0/14’s wat kwalik ’n lynstaan gewen het, sou beter gevaar het indien hulle meermale met tikskoppies aangeval het in plaas van strafskoppe kantlyn toe te skop. (CK)

Die Errie se hokkiespanne het weer skitterend presteer. Die 0/14A-dogterspan het 4-0 gewen met Carliz Olivier, Jani Hattingh, Ansu Klopper en Klarissa Joubert wat elk ’n doel aangeteken het.

Zané Rothmann, Elze Olivier en Jana Prinsloo was die puntemakers in die 0/16A-span se wedstryd met 3-0 op die telbord.

Die 0/16 B’s het 2 – 0 gewen. Palesa Mkhalipi en Yolanda Phiri het dié doele aangeteken.

Twee doele deur Bianca Kruger en een deur Marieta Barnard het gesorg vir die tweede span se oorwinning van 3-0.

Die eerste span het hul wedstryd 5 – 0 gewen. Zeleney Louw het twee doele aangeteken en Anrie Beukes, Carla da Silva en Tanya Beukes elk een.

Die seunspanne het ook uitstekend gevaar met die 0/14A’s wat 2-1 gewen het, met Liam Olivier wat altwee doele aangeteken het.

Twee doele deur Christiaan van Huyssteen en een deur Dewald de Villiers het aan die 0/16A-span hul 3-0 oorwinning besorg.

Die eerste span het 6 – 0 met hul teenstaanders afgereken. Elandré Kruger het drie doele, Mark Gardiner twee en Willem van der Merwe een doel aangeteken.

Dié span se oorwinning plaas hulle eerste, bo Garsfontein, in hulle groep.

Op die netbalbane kon net die tweede netbalspan met 16-14 as wenners uit die stryd tree.

Die Erries reis op 18 April na Hoërskool Pietersburg vir die kwarteindstryd van die Tuksreeks.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button