NewsSchools

Liggies se Super-begin

Ligbron Akademie vir Tegnologie se Rugby, Hokkie en Netbalspanne het die Superreeks op ’n hoë noot begin.

Ligbron Akademie vir Tegnologie het Saterdag vanjaar se Superreeks-rugbywedstryde op ‘n hoë noot afgeskop en agt van hul wedstryde teen die besoekende Hoërskool Jan Viljoen van Randfontein gewen.

Ligbron is die verdedigende kampioene in die Superreeks.

Die 0/14-span wat vir die eerste keer in die ligblou trui gespeel het, het goed aangepas en hul wedstryd met 14 – 5 gewen.

Ligbron se 0/16’s het met ‘n begeesterde Jan Viljoen-span te doen gekry en was halftyd met 19 – 5 agter. Die span het egter in die tweede helfte met vasberadenheid terugkeer en daarin geslaag om nog twee drieë te druk, maar verbroude doelskoppe het hulle die wedstryd gekos. Die Liggies het die wedstryd naelskraap met 17 -19 verloor.

Ligbron se eerstes, met 13 nuwelinge in die span, was in die eerste helfte van ‘n wipplank-wedstryd vroeg onder druk toe Jan Viljoen se agtsteman vroeg reeds ‘n drie gedruk het. Die Liggies het gaandeweg mekaar gevind en beter rugby begin speel.

Die reën wat met die aanvang van die tweede helfte uitgesak het, het sake vir albei spanne bemoeilik en verskeie kanse is verspeel.

Ligbron het die wedstryd met 14 -8 gewen.

Marcus Mostert het die Liggies se enigste drie gedruk en Ndumiso Dlamini het drie strafskoppe oorgeskop.

Saterdag se tellings was (Ligbron se tellings eerste) 0/14A 14 – 5 ; 0/14B 22 – 10; 0/15A 25 – 0; 0/15B 57 – 0; 0/16A 17 – 19; 0/16B 41 – 5; tweedes 40 – 0 en eerstes 14 – 8.

Ligbron se dogtershokkiespanne het ‘n besonderse goeie dag beleef en al hul wedstryde met groot tellings gewen. Geen doele is teen die Liggie-spanne aangeteken nie. Die volgende spelers is ná afloop van die onderskeie wedstryde as spelers van die wedstryd gekies: 0/14 Marisca Stander; 0/15 Amanda Turner; 0/16 Lindie Mostert; tweede span Diedré de Jager en eerste span Armourie Greyling.

Die Liggie-netbalspanne het ook baie belofte vir die komende seisoen getoon en vier van hul vyf wedstryde gewen.

Die tellings was as volg: 0/14A wen 9-4 en die speler van die wedstryd was Caitlyn Clack; 0/15A wen 10-1 en speler van die wedstryd was Nicola Meyer; 0/16A wen 12-8 en speler van die wedstryd was Annatjie Bibbey; tweede span wen 23-25 en speler van die wedstryd was Bijanka Broodryk en die eerste span verloor naelskraap 23-25 en die speler van die wedstryd was Malibongwe Khubeka .

Related Articles

Back to top button