Local newsNews

Vang swartbaars tydens Toldeira-pretdag

’n Swartbaars-hengelkompetisie vind op 7 Februarie vanaf 06:00 tot 11:00 tydens Tolderia se pretdag plaas.

’n Swartbaars-hengelkompetisie vind op 7 Februarie vanaf 06:00 tot 11:00 tydens Tolderia se pretdag plaas.

Dit is ’n oewerhengelkompetisie en geen bote of vaartuie sal toegelaat word nie. Hengelaars kan by enige van die twee damme wat elk 50 ha groot is lyn natmaak.

Om deel te neem, moet hengelaars in besit wees van ’n visvangkaartjie wat by Ouma Rooi teen R150 elk verkrygbaar is.

Toegang tot die ander aktiwiteite ná die kompetisie beloop R70 per volwassene en R30 vir skoliere.

Twee voertuie sal die oewers patrolleer sodat hengelaars hul visse kan inweeg voordat hulle weer vrygelaat word.

Onthou om hounette saam te bring.

Die hengelaar wat die swaarste vis inweeg, sal met die eerste prys, vier weeksdae by die Toldeira-oord, wegstap.

Die tweede prys is twee weeksdae by dié oord.

Derde prys is ’n nuwe visstok en katrol en die hengelaar wat vierde eindig sal met kunsaas beloon word.

Skakel André van Rooyen by 082 417 0174 met navrae.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge TimesStanderton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM – 2667A726

WhatsApp – 0748877590

Related Articles

Back to top button