GalleriesLocal newsNewsSchools galleries

Vier voertuie in Kerkstraat-botsing

Verkeer in Kerkstraat is Saterdagmiddag ontwrig nadat die bestuurder van ’n bakkie vir ’n voertuig wat regs in Kerkstraat vanuit McDonaldstraat uit gedraai het moes uitswaai.

Verkeer in Kerkstraat is Saterdagmiddag ontwrig nadat die bestuurder van ’n bakkie vir ’n voertuig wat regs in Kerkstraat vanuit McDonaldstraat uit gedraai het moes uitswaai.

’n Botsing tussen dié twee voertuie was onvermydelik en die bakkie is met die impak oor die middelman in aankomende verkeer ingeslinger waar hy teen ’n ander voertuig gebots het en teen ’n geparkeerde minibus tot stilstand gekom het.

Hoevel daar baie skade aan al vier voertuie wat betrokke was is, is net een passasier hospitaal toe geneem vir waarneming nadat sy die motor se  voorruit met haar kop getref het.

 

Related Articles

Back to top button