Local news

Ermelo rou oor babatjie se dood

Van Rooyen sê dat haar dogtertjie infeksie opgedoen het, en dat daar vir haar 'n paar bloedplaatjie-oorplantings gedoen is

Die Ermelo Kare Bearz-groep doen ‘n beroep op die gemeenskap vir hulp om vir klein Renesmé van Rooyen se begrafnis te betaal.

Sy is omstreeks 07:30 op 10 Oktober dood nadat sy verskeie bloedplaatjie-oorplantings ondergaan het om haar te help veg teen die infeksie in haar dermpies en sepsis in haar bloed.

Esmeralde, haar ma, sê dat sy op 27 September ‘n plaaslike dokter gaan besoek het om die kind se geslag uit te vind, maar is ingelig dat haar vrugwater nie genoeg is nie en dat die naelstring moontlik om haar nek is.

“By die hospitaal aangekom is ek opgeneem en ‘n sonar is gedoen.

“Ons het gesien haar hartklop is baie vinnig en by tye het dit vinnig geval.”

Van die dokters het voorge-stel dat ‘n keiser dadelik gedoen moet word, maar sy is eers op ‘n drup geplaas en het steroïedeinspuitings ontvang.

Renesmé is om 19:45 die volgende dagmet ‘n keisersnee gebore.

“Ek is later geneem om haar te sien en dit was vreeslik emosioneel om net daar te staan en die kleine lyfie te sien.

“Ek het so magteloos gevoel.”

Van Rooyen sê dat haar dogtertjie infeksie opgedoen het, en dat daar vir haar ‘n paar bloedplaatjie-oorplantings gedoen is.

Volgens Julia Basson, ‘n lid van Ermelo Kare Bearz, was hulle besig om planne te bewerkstellig om Renesmé na ‘n ander hospitaal oor te plaas toe haar ouma haar omstreeks 01:00 gekontak het en gevra het om hospitaal toe te kom, omdat dit nie goed met Renesmé gaan nie.

Renesmé is later die dag oorlede.

Die groep het ‘n trustrekening geopen om geld vir haar begrafnis in te samel: PWG Attorneys; FNB-tak 270344; rek. nr: 62808870332; verwysing: Renesmé.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button