Local news

VIDEO – Weerlig tref boom, gesin deur Ermelo-gemeenskap te hulp gesnel

Bevrees dat die boom enige oomblik op hul huis sou val, het sy haar man dadelik gebel.

ERMELO – Vicky Burger en haar seun het hul boeglam geskrik toe die weerlig op 9 Oktober hul huis raakgeslaan het.

Burger het vertel dat sy en haar seun alleen by die huis was toe die weer opgesteek het.

Hulle het skielik ’n harde donderslag gehoor en toe is dit stikdonker.

“Ek was omtrent in ’n toestand na die groot skrik, en het my man geskakel en vertel dat ek seker is die weer het ons huis raakgeslaan,” het Vicky vertel.

Haar man, Alwyn, het haar kalmeer en aangesê om die krag by die kragboks weer aan te skakel.

Sy het die krag weer aangesit en gesien dat een van hul kragproppe en Wifi deur die weer uitgeslaan is.

“Ek gaan gewoonlik nie na die voorkant van ons huis, nadat ek alles gesluit het nie, maar iets het vir my gesê om te gaan kyk.”

Dis toe dat sy die boom so 2m van hul huis in vlamme opmerk.

Sy het dadelik haar man gebel en gesê hy moet huistoe kom omdat sy bang was dat die boom dalk op hul huis sou val.

Bykans die hele woonbuurt se mense het die brandende boom opgemerk en hulle te hulp gesnel.

Lees die volledige berig in die Hoëvelder.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button