Local news

VIDEO – Wegholbrande saai verwoesting in Ermelo-omgewing

Diere het doodgebrand en weiding asook huise het in die slag gebly.

Verskeie veldbrande wat deur sterk winde aangehits is het op 26 September groot skade vir boere van die omgewing aangerig.

Volgens beskikbare inligting, het duisende hektaars weiding in die slag gebly, huise is vernietig en verskeie diere het doodgebrand.

SIEN OOK: GALERY – Brande saai verwoesting in Ermelo-omgewing

Juliette Basson, van Ermelo Kare Bearz het vertel dat hulle van sowat 51 mense bewus is wat hulp benodig.

“Ons het Saterdag en Sondag uitgaan om mense te begin help met kos, komberse en water,” het Basson op hul Facebookblad gesê.

Basson het genoem dat hulle ook beplan om ’n trustrekening vir die boere in nood te open.

Vir nou kan enige persoon wat hulp wil verleen ook bydrae in Kare Bearz se rekening maak; Rekeningnaam: Care Bears; Rekeningnommer: 53001541726, Takkode: 678910, Verwysing: Fire help.

Lees die volledige berig in die Hoëvelder.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button