Local news

JJ leerders la’t wiel by vanjaar se kaskardag

Om die veld was ook verskeie stalletjies wat die heerlikste lekkernye, kos en iets te drinke verkoop het, terwyl daar ook speletjies aangebied is

ERMELO – Laerskool JJ van der Merwe het op 28 Augustus sy kaskar- en gr. 7-entrepreneursdag by die skool aangebied.

Die opwinding was tasbaar met ’n toeloop van kinders wat oral op die rugbyveld gelag en aan verskeie speletjies deelgeneem het.

Leerders het van vroegoggend gereedgemaak om die kaskarbane wat op die veld opgestel is aan te durf en soveel moontlik rondes vir hul klas te voltooi.

Om die veld was ook verskeie stalletjies wat die heerlikste lekkernye, kos en iets te drinke verkoop het, terwyl daar ook speletjies aangebied is.

Tussen al die verf op hout, gesigverf, onderwysers met waterballonne gooi en kussinggevegte deur het die leerders die dag terdeë geniet.

Related Articles

Back to top button