Local news

Sewentigjariges gereed vir groot makietie by EHS-reünie

Die oudrugbyspelers van die jaar 1972 het selfs vóór ’n groot rugbydag by die skool op die veld gedraf

ERMELO – Hoërskool Ermelo se matrieks van 1972 het in April 2022 hulle 50ste reünie gehou, en daar is dadelik besluit dat sodra hulle 70 jaar oud word, daar wéér saamgekuier moet word.

Die Middelburger, Attie Britz, een van die organiseerders, vertel hoe lekker die groep almal tydens die vorige reünie saam gekuier het.

Die oudrugbyspelers van daardie jaar het selfs vóór ’n groot rugbydag by die skool op die veld gedraf.

“Dit is my missie en visie om vanjaar die grootste reünie wat nog by die skool gehou is, te maak,” het Britz opgewonde vertel.

Die reünie word vanaf 25 tot 27 Oktober gehou.

Hy noem dat die komitee reeds op 2 Maart vanjaar vergader het en dat die finale vergadering vir die reëlings en getalle op 6 September sal plaasvind.

“Ek het reeds gedurende 2023 die skoolgroep in kennis gestel en die skool het dit ook op sy kalender aangeteken.”

As daar nog enige persone is wat in 1972 aan Hoërskool Ermelo gematrikuleer het en wat die reünie wil bywoon, moet hulle so gou as moontlik vir Britz by 082 492 4495 skakel.

Related Articles

Back to top button