Local news
Bekommerde Ermeloër op soek na verlore hangertjie
Die ma sê dat dit baie betekenis vir haar dogter het, en sy glo vas dat iemand die halssnoer terug sal besorg
ERMELO – ’n Bekommerde ma het Hoëvelder onlangs gekontak nadat haar dogter glo ’n baie spesiale kettinkie verloor het.
Volgens die ma het haar dogter die halssnoer in Merino Mall se parkeerterrein verloor.
Sy het die koerant genader met die hoop dat iemand dit dalk opgetel het en na die eienaar op soek is.
“Indien enige persoon dalk die halssnoer opgetel het, kan hulle dit by Acsu se kantoor afgee,” het die ma gevra.
Sy sê dat dit baie betekenis vir haar dogter het, en sy glo vas dat iemand die halssnoer terug sal besorg.
You can read the full story on our App. Download it here.