Local news

AfriForum bied hulp aan om brandkrane in drie dorpe te herstel

Bekker sê dat AfriForum verder met die betrokke brandweerdienste sal skakel en hulp aanbied om die krane te herstel.

ERMELO – Die AfriForum-takke van die dorp, eMkhondo en Delmas het in Junie oudits op 59 brandkrane in die onderskeie dorpe uitgevoer.

Die meeste brandkrane op die dorpe is volgens Hennie Bekker, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Hoëveld, goed sigbaar, hoewel min van hulle duidelik as sulks gemerk is.

“Heelwat krane het roesskade en benodig ’n laag verf,” het hy gesê.

Hierdie oudit vorm deel van ’n groter projek wat AfriForum landswyd van stapel gestuur het. Verskeie foto’s van brandkrane is op verskillende plekke in hierdie dorpe geneem en inspeksies is gedoen.

Gevolglik is bevestig dat die bogrondse brandkrane in Delmas en Ermelo in ’n werkende toestand is omdat die uitlate daarvan skoon is.

Volgens Bekker is daar egter kommer oor die brandkrane wat in ’n slegte toestand is.

SIEN OOK: Ermelo stortterrein se nakomingstellings onder die vergrootglas

“Sowat 10% van die brandkrane in Delmas, Ermelo en eMkhondo lek water of het sigbare skade – sommige krane se handvatsels word ook vermis.”

Hy het ook genoem dat die ondergrondse brandkrane op eMkhondo se kleppe vuil is.

“Daar is baie grond in die gate wat veroorsaak dat die kleppe onbruikbaar is en eers skoongemaak moet word. Daar is ook in baie gevalle nie duidelike aanwysings waar die krane geleë is nie.”

Bekker sê dat AfriForum verder met die betrokke brandweerdienste sal skakel en hulp aanbied om die krane te herstel.

“Hierdie stappe is belangrik vir die veiligheid van die gemeenskap. Indien daar ’n noodgeval is moet vinnige en maklike toegang tot die kleppe te alle tye moontlik wees,” het hy afgesluit.

You can read the full story on our App. Download it here.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button