Local news

Hoëvelder terugflits: Sneeu tref Ermeloërs heeltemal onverwags (1996)

Die ergste koue vir Ermelo is egter nog aan die kom aangesien die sneeu gaan smelt en die kenmerkende “Ermelo snywindjie”, finaal sy kloue in diegene wat sover nog onaangeraak is, gaan slaan.

Deur: S van den Bergh – Highveld Herald 1996

Die afgelope naweek het Ermelo ’n egte Switserse sneeuval beleef, toe die ergste sneeuval in die geskiedenis van die dorp die dorp in ’n sprokieswêreld omskep het.

Volgens ’n woordvoerder van die Weerstasie op Ermelo het die laaste sneeuval in 1983 voorgekom wat egter ’n ligte val was en is sneeu met ’n diepte van ongeveer 2 tot 3cm destyds gemeet.

Volgens ouinwoners van Ermelo het dit laas in September 1953 vir ’n dag so erg gesneeu.

Verlede Saterdagaand, 6 Julie (1996) was die omstandighede gunstig om te sneeu, maar die wind het nog effens gewaai.

Om negu uur is die eerste kapok opgemerk en daarna het die sneeu behoorlik begin val.

Sondagogged, 7 Julie, het die Ermeloërs wakker geword in ’n sprokieswêreld.

Inwoners van Ermelo is vroeg Sondagoggend begroet deur ’n wit paradys. Op die foto lê die sneeu dik en probeer mense voertuie skoonmaak, maar dis tevergeefs, want nou val die sneeu eers lekker! Foto | Hoëvelder/Argiewe

Alles was bedek met spierwit, glinsterende sneeu.

In Ermelo is daar tot 20cm en dieper sneeu gemeet, terwyl die Vliegveld buite Ermelo en ander gebiede tussen 30-45cm sneeu gemeet het.

Saterdag was die minimum temperatuur -1 graad Celcius en die maksimum 10 grade Celcius.

Sondag was die minimum weer -1 grade Celcius, terwyl die maksimum ’n skrale 1 graad Celcius was.

Sommige Ermeloërs het geredeneer dat dit kapok is wat val, terwyl ander weer gesê het dat dit sneeu is.

Die huise en tuine in Ermelo het soos ’n sprokiesland vertoon. Die foto is geneem van ’n woning in Ermelo. Sou u nie sê dat hierdie ’n tipiese Kersfees poskaartfoto is nie? Foto | Hoëvelder/Argiewe

Die verskille is egter bygelê nadat dit duidelik geword het kapok gevriesde reën druppels is en amper as fyn hael gedefineer kan word.

ALSO READ: After much anticipation, snow finally blankets Ermelo

Sneeu is egter duidelike vlokkies wat ligter is as kapok en diger val.

Die ergste koue vir Ermelo is egter nog aan die kom aangesien die sneeu gaan smelt en die kenmerkende “Ermelo snywindjie”, finaal sy kloue in diegene wat sover nog onaangeraak is, gaan slaan.

Oral langs die paaie in Ermelo was sneeumanne te sien, gesinne het saam sneegeveg gehou en ander het sommer in die strate rondgehardloop van pure pret vir ’n kort tydjie het almal met mekaar gepraat en is die sorge van die alledaagse lewe vergeet.

Te midde van die groot pret het die skielike sneeu onverwags groot skade aan veral TE Motors, Cassim Motors en De Wit se Garage (Swaarvoertuig-afdeling), op Ermelo aangerig toe seildakke waaronder voertuige geparkeer gestaan het, van die sneeu se gewig inmekaar gesak het. Van die voertuie is beskadig.

Die pragtige palmbome in Ermelo, wat eintlik in die trope hoort, was pragtig wit van die sneeu en het soos wafferse kersbome gelyk. Foto | Hoëvelder/Argiewe

Verskeie bome se takke het swaar gebuk gegaan onder die swaar gewigvan die sneeu en het op sommige plekke sommer gebreek en so half dwars oor die pad gelê.

Volgens wat die Hoëvelder verneem het, is niemand darem tydens die seneeuval beseer nie.

Ons het ook nie verneem van enige lewensverlies weens die koue nie.

So hier en daar het ’n voertuig effens die pad byster geraak, maar dit is verskoon, want wie kan nou bestuur as die eens vaal dog droë wêreld rondom jou skielik verander in die mooiste poskaarttonele met glibberige sneeu waarmee ’n mens moet rekening hou.

’n prentjie van die Burgesentrum van Ermelo… As jy regtig kuns wou sien wat die natuur self gedoen het, moes jy ’n draai by die Burgesentrum gemaak het. Daar was “tonele in ys” wat verskeie skilders jaloers sou gemaak het. En om te dink dat dit alles deur die Almagtige se Hand gedoen is… Foto | Hoëvelder/Argiewe

Almal was dit egter eens dat die sneeu nie net die omgewing goed gedoen het nie, maar het dit ook die dorp se mense goed gedoen – almal het soos ou vriende gesels en saam baljaar.

Behalwe vir die Wêreldbeker Rugby, wil dit voorkom asof die gemeenskap van Ermelo met die sneeu “meevallertjie” weereens as een “gemeenskappie” saamgesnoer is.

You can read the full story on our App. Download it here.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button