Local newsNews

Deurbraak in JR-moordsaak

Die polisie het ná maande se intensiewe speurwerk ’n deurbraak gemaak en ’n 35-jarige man van Gauteng in hegtenis geneem in verband met die moord op ’n bekende boer van Ermelo, mnr. JR Bührmann.

Die polisie het ná maande se intensiewe speurwerk ’n deurbraak gemaak en ’n 35-jarige  man van Gauteng in hegtenis geneem in verband met die moord op ’n bekende boer van Ermelo, mnr. JR Bührmann.

Die verdagte, Firnino Fineza Baloi, ’n Mosambieker, Dinsdag in die hof op Ermelo verskyn op ’n aanklag van moord.

Mnr. Bührmann (77) is op 31 Maart vanjaar in sy woning op die plaas De Emigratie dood aangetref. Hy is vermoedelik die vorige dag reeds vermoor.

’n Buurman het op mnr. Bührmann se lyk, wat in plastieksakke en ’n mat toegedraai was, in een van die slaapkamers afgekom, nadat plaaswerkers onraad vermoed het en hom ontbied het.

Volgens ’n polisiewoordvoerder, kapt. Corné Kemp, is Baloi in Gauteng opgespoor en in hegtenis geneem nadat verskeie leidrade en inligting opgevolg is.

Mnr. Henry Geldenhuys, nasionale voorsitter Veiligheid TLU-SA, het in sy reaksie die polisie geloof vir hul volgehoue pogings om die verdagte op te spoor en aan die man te bring.

“Die ondersoekbeampte in dié saak en sy span word geluk gewens vir hul goeie werk en ons as georganiseerde landbou spreek die hoop uit dat geregtigheid sal seëvier,” het mnr. Geldenhuys gesê.

Related Articles

Back to top button