Local news

{OPVOLG} – Morgenzon polisie maak identiteit van vlugtelinge bekend

Die mans is Siyabonga Elvis Mlangeni, Mbekezeli Given Nkosi en Nkosinathi Sidwell Mahlangu.

OPVOLG:  19 Februarie – 14:34

Die Morgenzon Polisie het die identiteit van die drie gevangenes wat uit polisieaanhouding ontsnap het bekendgemaak.

Hulle het ook die foto’s van die verdagtes aan die Hoëvelder beskikbaar gestel en die publiek versoek om met hulle in verbinding te tree sou hulle enige inligting het wat tot die inhegtenisnames van die mans kan lei.

Die mans is Siyabonga Elvis Mlangeni, Mbekezeli Given Nkosi en Nkosinathi Sidwell Mahlangu.


Mans wat uit polsieaanhouding op Morgenzon ontsnap, steeds soek

Die drie gevangenes wat in die vroeë oggendure van 15 Februarie uit polisieaanhouding ontsnap het, is steeds op vrye voet.

Volgens Hennie Bekker, AfriForum se Hoëveld-distrikskoördineerder, het die drie verdagtes skynbaar om 04:00 ontsnap.

Die mans is na bewering omstreeks 07:30 dieselfde dag by die spoorweg in Morgenzon, in die rigting van Bethal, deur lede van die publiek gewaar.

Hoëvelder het verdere navrae aan sers. Paulos Nzimande, Morgenzon polisie se woorvoerder gerig.

LEES OOK: Drie gevangenes ontsnap na bewering uit polisie-aanhouding in Morgenzon

Volgens hom was daar vyf mense in die polisieselle wat gewag het om in die hof te verskyn.

“In die middel van die nag het hulle daarin geslaag om deur die traliedeur te sny en ook deur die boonste deel van die sekondêre tralies, waardeur hulle ontsnap het.”

Drie mans het ontsnap, terwyl die ander twee binne-in die sel agtergebly het.

Nzimande het gesê dat een van die verdagtes vanjaar in hegtenis geneem is vir aanranding met die doel om ernstig te beseer, terwyl die ander twee in 2019 in hegtenis geneem is vir algemene roof, poging tot moord en besigheidsroof.

Die polisie doen ’n beroep op die gemeenskap om enige inligting wat tot die mans se inhegtenisname mag lei, aan hulle deur te gee.

Lees die volledige berig in die Hoëvelder.

Related Articles

Back to top button