Local news

Gewapene rowers buit ongeveer R6-miljoen se koperkabels in Ermelo

Die wagte is deur die verdagtes vasgemaak. Hulle selfone en ses dromme vol koperkabels is gesteel.

ERMELO – Die polisie ondersoek ’n saak van gewapende roof op 6 Oktober by die Transnet Depot.

Volgens kapt Carla Prinsloo, die Ermelo-polisiewoordvoerder, het vier wagte en hul toesighouer verdagte geluide buite die waghuis gehoor en gaan ondersoek instel.

“Tydens die wagte se ondersoek is hulle deur ’n groot groep mans gekonfronteer, wat hulle met ’n vuurwapen gedreig en aangerand het,” het Prinsloo gesê.

Die wagte is deur die verdagtes vasgemaak. Hulle selfone en ses dromme vol koperkabels is gesteel.

Volgens Prinsloo is die waarde van die gesteelde goedere sowat R6 000 000.

Nog niemand is in verband met die roof in hegtenis geneem nie.

Related Articles

Back to top button