Local news

Veldbrand die oorsaak van vragmotorongeluk buite Ermelo

‘n Waarskuwing was uitgestuur op die SACCW whatsappgroep dat motoriste versigtig moet ry, 30km uit op die Hendrinapad weens die swak sigbaarheid wat weens die veldbrand veroorsaak is.

n Vragmotor en ‘n BMW was betrokke by ‘n botsing vanmiddag, 31Augustus, vermoedelik weens die swak sigbaarheid wat deur veldbrande veroorsaak is.

Die insident het plaasgevind kort nadat ‘n waarskuwing uitgestuur is deur die SACCW op hul Whatsapp-groep, waarin motoriste versoek was om versigtig te ry.

Volgens die vragmotorbestuurder kon hy weens die digte rookwolke nie voor hom sien nie.

Die vragmotor het teen die BMW – wat op daardie oomblik in die pad was, gebots.

Geen ernstige beserings was aangemeld nie. Die Provinsiele ambulansdienste, ER24, Msukaligwa Brand en Reddingsdienste, plaaslike polisie en plaaslike insleepdienste, was vinnig op die toneel om hulp te verleen.

 

Related Articles

Back to top button