Local newsNewsSchools

Kovsies, hier kom ek

Marika speel steeds die dwarsfluit en neem musiek as agtste vak. Sy sê sy sal altyd haar liefde vir musiek uitleef.

Marika Smit, ’n gr.12-leerder aan die EHS, is verlede Donderdag vir haar harde werk beloon met ’n volle studiebeurs van TWK Agri (Piet Retief).

Dié beurs maak dit vir Marika moontlik om volgende jaar ’n vierjaar-kursus by Kovsies vir ’n B.Sc. Agric.-graad te begin.

Musiek was oorspronklik die trekpleister vir Marika om haar hoërskoolloopbaan by die EHS te voltooi, maar dit is in landbou waar sy haar plek gevind het. Sy beoog om Agronomie (plantkunde) te studeer.

Marika speel steeds die dwarsfluit en neem musiek as agtste vak. Sy sê sy sal altyd haar liefde vir musiek uitleef.

Altesaam 30 leerders het aansoek vir dié beurse gedoen en Marika is een van ses in Mpumalanga wat suksesvol was.

Die beursinisiatief is deur TWK begin om hoop onder hardwerkende leerders te skep en om hulle geleenthede te bied om hul volle potensiaal te bereik.
Leerders van nege skole is die geleenheid gebied om aansoek te doen vir beurse wat toegeken is deur spesifieke afdelings binne die TWK-groep van maatskappye.

Leerders moes voldoen aan baie hoë maatstawwe en moes ’n tweeronde-keuringsproses deurgaan.

Volgens me. Chantel van Rensburg, bemarkingsprojekkoõrdineerder TWK Piet Retief) het Marika se prestasies en leiereienskappe uitgestaan bo die ander kandidate en het die beoordelaars reeds ná 10 minute in die eerste ronde besluit dat Marika ’n waardige kandidaat is.

Waarnemende hoof van Hoërskool Ermelo, mnr. Pieter Grobler, het Marika geluk gewens en gesê dat sy voorwaar ’n toonvenster vir die EHS is.

Related Articles

Back to top button